GETUIGSKRIF:
Ek en my man was altyd skepties en huiwerig om 'n swembad te installeer - mens hoor so baie van swak vakmanskap en die foute "dop" mos altyd 'n paar maande na die werk voltooi is uit nadat die eienaar van 'n swembad besigheid al weg is, en om dan weer diens te ontvang is so goed soos jy soek "wors in 'n hondehok"
'n Goeie vriend van my man het ons verwys na Jan, sy woorde was: "Jul sal nie verkeerd gaan nie" En ek moet erken ek het steeds my bedenkinge gehad, ek en my man was vantevore al vele kere "ingeloop", ek het geen versekering gehad dat ons hierdie keer goeie diens en waarde vir geld gaan kry nie ! Maar my seuntjie het met blink ogies uitgesien na 'n swembad want hy is versot op swem, en ons het toe vir Jan gekontak...
Tygerberg Pools, Swimming PoolsJan het vir ons 'n kwotasie kom gee, en ons was baie tevrede met wat hy gebied het en die werk is voltooi. Ons erf is 'n skuinserf en dit maak die werk selfs moeiliker, baie grond moes weggery word om die grond oppervlak sodoende gelyk te kry om die swembad te installeer, en was dit ietwat van 'n probleem, maar Jan het gekom met die oplossing : "Ons bou 'n keermuur wat ons gaan "cladd" - en in my wildste drome het ek nooit kon dink dit sal so mooi vertoon nie - almal wat ons swembad gedeelte sien, komplimenteer ons oor die "stunning" effek wat dit skep: die swembad, die pavers, die keermuur en plantbox vorm 'n pragtige eenheid.
Wanneer ons vrae het soos hoe die chloronator werk, is Jan gou daar om persoonlik te kom wys ! Dit noem ek klientediens !
My vriende wat die foto's sien van ons swembad, wil nou almal net swembaddens installeer! En as hul hoor hoe ek vir Jan aanprys, is hul nog meer opgewonde !
Ons is vir Jan baie dank verskuldig dat hy ons agterplaas in 'n absolute lushof omskep het !
GENIET DIE POOLPARTIES !!
Willieta Swart: Installation date: November 2009